Vyf verdagtes binnekort in hof
Die vyf verdagtes wat teregstaan op moord op die plaaslike boer, Deon de Bruyn, verskyn Maandag 20 Junie weer in die Nelspruit Hooggeregshof.
Die vyf verdagtes, Rawun Mhlanga (29), Derrick Makamo (25), Sifiso Madonsela (34), Oscar Chauke (37) en Solomon Msimango (34), het op 19 Junie 2018 vir die moord in die hof verskyn. Dié manne is in Tonga tydens ‘n polisiesoektog gearresteer.
De Bruyn het die Simonsvlei-plaas in die Strydomblok-area naby Komatipoort ten tyde van sy dood bestuur. Hy en sy werkgewer, Estelle Jansen, wat 59 jaar oud was, is daardie dag deur drie mans met klapmusse aangeval.
LEES OOK: Bydraes vir kermis word waardeer
Die indringers het die sekuriteitswag oorval en vasgebind en De Bruyn in ‘n hoek vasgekeer voordat hulle die huis binnegegaan het. Daar het hulle vir Jansen gekry en haar uit die bed gesleep. Berigte dui daarop dat die rowers wild skote afgevuur het en De Bruyn in die hart getref het.
Jansen is ook deur van die koeëls getref, maar het die aanval oorleef. Haar seun, Elmer, het die aanvallers, wat te voet gevlug het, afgeskrik. Hulle kon net daarin geslaag om met ‘n selfoon van die toneel af te vlug.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
