Jolige affêre sorg weer vir ‘n trefferbasaar op Lydenburg
'n Gesellige verwelkoming deur ds. Rian Botha, boeke en smaaklike gebak het alles tot 'n vrolike atmosfeer by die Hervormde Kerk se basaar op Saterdag 4 Junie bygedra.
Die Hervormde Kerk is al vir dekades vir sy heerlike kuierbasaars bekend.
Met Nico Cross as die seremoniemeester, kon dit net ‘n jolige affêre wees. Gemeentelidmate het almal uithalerwerk gedoen om die lekkerste eetgoed aan te bied.
Die basaargangers het al van vroeg af al in die wintersonnetjie vir ‘n smullekker ontbyt aangesit. Moet ook nie die jafels, pannekoek, kerrie-en-rys, vleistafel en kilogramme der kilogramme biltong geringskat nie.
Marietjie en Kruger van Eck by die biltongtafel.
Met baie vermaak vir die kinders, gesigsverf, ‘n koektafel wat kreun onder die soetgoed en nog vele meer, was dit weer ‘n basaar vir die boeke.
Die Hervormde Kerk bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning, die basaarkomitee en die gemeentelidmate wat baie hard gewerk het om van die dag ‘n sukses te maak.
Liard van der Merwe en sy oupa, Nico Cross, by sommige van die veilingitems.
Die vlytige dames is Maatjie van Staden en Pauline Cross, en agter staan Hannes van Staden.
Niel Nortje en Magda van der Linde het die kinders vermaak.
Miché van Heerden se gesiggie word geverf.
Ronel Schoeman, Eileen Horak, Bianca Steyn, Belua Viljoen en Marinda Steyn by die koektafel.
Annelize Cross en haar kleindogter, Ro-Ané Rossouw. Sy het ouma gehelp om die boeketafel te beman.
Elrike Nel.
Divan Trümpelmann het saam met ouma Petro en oupa Gustav by die basaar gekuier.
Jan Neethling soek ‘n boek om te lees.
Ethel Uys bak jaffels.
Schalk en Nicolene van Schalkwyk, Pieter Cronje, Vian Smith, Hannetjie van Schalkwyk en Gert Human.
Niel Nortje en Magda van der Linde het die kinders vermaak.
Morne Pieterse oorhandig die prys van die kettieskietkompetisie aan Jason Joubert.
Martonette de Jager en Morne Pieterse.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!