Laerskool Malelane groet juf. Sue, hul netbalafrigter
So groet Laerskool Malelane netbalspan vir juf. Sue de Beer.
Laerskool Malelane het Sue de Beer onlangs met die volgende boodskap gegroet:
“Vandag was jou laaste netbalwedstryd as juffrou by Laerskool Malelane – maar definitief nie die laaste wedstryd as afrigter nie. ‘n Afrigter van jou kaliber grou mens nie agter elke bos uit nie. Baie dankie vir soveel jare wat jy alles ingesit het in jou span. Jy het al sóveel reggekry met só baie kinders.. Lanies regoor die land, waar ook al hulle hulself nou bevind, kan nie ophou praat oor hoeveel jy vir hulle beteken het nie. Jy trap diep spore in elke kind met wie jy woeker se lewe.
LEES OOK: Bydraes vir kermis word waardeer
“Baie dankie vir weer eens ‘n uitmuntende netbalseisoen! Jy het agteroorgebuig om hierdie kinders die beste moontlike afrigting en geleenthede te bied.”
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
