Singende, rymende wolf maak hom tuis in Sudwala-grotte
Danie Reënwolf en Hoërskool Nelspruit se koor was op 1 Junie in die Sudwala-grotte te sien.
Danie Reënwolf het sy eenmanvertoning op 1 Junie na die Sudwala-grotte gebring, en was dit nou iets om te geniet!
Die optrede was ten bate van Moving Mountains, ‘n organisasie deur mense met ‘n belang in die behandeling en voorkoming van kanker. Hoërskool Nelspruit se koor het die aand met ‘n paar liedjies afgeskop, maar het ook later by hom vir ‘n liedjie aangesluit.
LEES OOK: Kuns- en handvlytklasse bied uitsonderlike afleiding in die bos
Anders as die hoë energie vertonings waaraan Spoegwolf-aanhangers teen nou al gewoond is, was die hoofsanger op sy eie heelwat rustiger. So rustig as wat hy kan wees, in elk geval. Hy het hom nie aan die verhoog gesteur nie, maar homself eerder reg voor die gehoor tuisgemaak, sonder skoene en gewapen met sy kitaar en mondfluitjie. Konsertgangers is met ou bekendes bederf, asook ‘n paar nuwe liedjies en die stories agter die liedjies.
Hier en daar het hy die sang met ‘n voorlesing uit sy digbundel, Die tuin, afgewissel.










Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
