Local newsNewsNews

‘n Lankstaankamper skryf oor dié leefstyl

Daar is 'n geweldige groot gemeenskap wat die land deurkruis met 'n nomadiese wyse en soms lang tye in groepe of enkel op kampeerplekke staan.

Die Amerikaanse Oscar-benoemde rolprent, Nomadland, wat in 2020 vrygestel is, het die fokus op die groot gemeenskap van af- en uitgetrede Amerikaners geplaas wat hul lewens op ‘n nomadiese wyse met woonwaens en motortuistes deurbring. Daar is ‘n geweldige groot gemeenskap wat die land só deurkruis en soms lang tye in groepe of enkel op kampeerplekke staan.

Ook hier in Suid-Afrika is daar diesulkes; sommige wat nog hul blyplekke behou maar in die kouer maande lank op warmer plekke staan, en ander wat permanent op reis is. Hier word die term “swaeltjies” gebruik, maar daar is ook die plaaslike Faceboek-groep, die Lankstaankampers, met meer as 36 000 volgelinge, wat ‘n goeie aanduiding is van hoeveel sulke voltydse en tydelike nomades hulle by ons bevind.

LEES OOK: Bydraes vir kermis word waardeer

Hier deel hulle stories, staaltjies, raad, planne, idees en foto’s. Daar is ook ‘n e-posadres: lankstaankampers@gmail.com.  Baie parkgeriewe maak voorsiening vir hierdie lankstaners met spesiale tariewe en geriewe wat vir hierdie behoefte voorsiening maak.

Ek het al gehoor dat die Forever-oord by Tshipise in die warm noorde agter die Soutpansberg so vir die Swaeltjies voorsiening maak. Sommige staan soms lang genoeg om gou ‘n paar kruie- of tamatieplantjies en ‘n slaaikop aan die groei te kry, is my al vertel.  Die woonwapark by die Numbi Hotel bied ‘n soortgelyke gerief, en Leon en Nita Botha het hulle ervaring onlangs op die groep gedeel. Wat my interesseer is dat die skrywe ook insae gee oor die leefstyl en daaglikse handel en wandel van sulke swerwerspare.

Ek het die skrywe baie geniet en gewonder hoeveel ander woonwa- en kampeerplekke in ons omgewing nog sulke georganiseerde swerwers en reisgeesdriftiges huisves.  “Ons het verlede jaar vir ‘n paar maande lank hier gebly en bly vanjaar weer lank hier. Die badkamergeriewe is werklik pragtig skoon. Die hotel het die geriewe sedert ons vorige besoek binne nuut geverf en die houttoonbanke mooi nuut vernis.

LEES OOK: Afriforum Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op

“Magret wat hier werk, kom maak elke dag skoon. Wanneer dit reën, kom sit sy droë kartonbokse wat oopgesny is, buite op die stoep vir die nat moddervoete. Saans kom maak sy alle vensters vir die insekte en muskiete toe en soggens maak sy dit vroeg weer oop.  “Die terrein lyk soms naar ná ‘n storm, soos verlede naweek. Dit neem die manne ‘n week lank om skoon te maak. Die asblikke word daagliks skoongemaak.

“Hulle help jou met tent op- en afslaan. Die admindames is baie vriendelik en hulpvaardig. Ons kan werklik net goedpraat van die plek. Dis ook veilig. Hier is ‘n nagwag; saans kom sit hy al die ligte aan en soggens sit hy dit weer af.  “Ons betaal maandeliks vir ons verblyf en is tevrede. Ons gaan twee keer per week by die Phabeni-hek in park toe, en het nog nooit onveilig gevoel nie. Niemand steur hulle aan ons nie. Ek het nog nie gehoor van enige probleme nie. Een van ons medekampers wat al nege jaar gereeld hier kom staan, weet ook nie van probleme op die pad park toe nie.

“Op Hazyview is twee netjiese malls skaars 500 m van ons staanplek af. af. Kom kyk gerus en beleef die vriendelikheid hier.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button