Jo Black baseer liedjie op Marius Nel, ‘n Mbombela-inwoner, se gedig
'n Welbekende in die stad, Marius Nel, se gedig was die inspirasie agter een van die sanger, Jo Black se nuwe liedjies.
‘n Gedig wat ‘n plaaslike sakeman, Marius Nel, in 2007 geskryf het, vorm die basis van een van Jo Black se jongste liedjies, “Die herinnering”. Nel sê hy het daardie tyd die gedig in sy hart en op ‘n hardeskyf gebêre. Verlede jaar het hy besluit om dit vir Jacques Mouton te stuur sodat hy dit kan toonset.
“Die oomblik was byna té groot vir my toe Jacques sy besondere toonsetting van my weerhou het tot die aand van my verjaardag en die liedjie daartydens gesing het. “In dieselfde oorweldigende oomblik het Jo langs my kom staan en genoem dat hy besluit het om dit vir sy nuwe album op te neem.
LEES OOK: Steve Biko het glo nie ‘n bed vir plaaslike vrou nie
“Ek onthou ook toe Danny Smoke vir my die heel eerste ateljeeweergawe gestuur het; ek was op die pad, en om die musiek en Jo se stem te hoor, het my gekelder. Ek moes letterlik van die pad af trek.” Gedeeltes van die inspirasie agter die gedig trek deur na persoonlike ervaring, sê Nel, “alhoewel dit hoofsaaklik verwys na verlore liefde, hetsy tydelik, in ‘n verhouding of huwelik, of daar buite.”

Dié gedig is nie die eerste uit Nel se pen nie. “Ek het al heelwat geskryf, selfs sommige stukke wat nie noodwendig enigsins vir ander mense bedoel is nie. Ek vind dat skryf vir my terapeuties is en indien ek sommige van die goed wat ek skryf, self op sosiale media plaas of gevra word om dit te laat publiseer, en een persoon vind dieselfde terapie daaruit wat ek ondervind het, is die doelwit bereik.
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit sluit seisoen se wintersport op hoogtepunt af

“Ek het al voorheen vir van die Carpe Diem-publikasies geskryf en dit is gepubliseer. Ek het jare gelede ook vir my neef, Pieter Koen, so drie liedjies geskryf wat uitgereik is.” Nel sê die gogga het hom nou behoorlik gebyt en hy hoop om weer hierdie voorreg te kan ervaar.
“’Dankie’ kan nie my gevoelens met die vrystelling van Jo se album gestand doen nie, maar vir nou sal dit moet doen. Dankie, Jacques, dankie, Jo, dankie, Danny.”
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
