Lasea gesels Innibos met Sandra Jacobs in Witrivier
Lasea Swift het aan die einde van Mei die eerste On the Couch with Lasea by Die Windpomp aangebied.
On the Couch with Lasea, ‘n nuwe reeks geselsaande met Lasea Swift, het verlede Dinsdag by Die Windpomp afgeskop. Swift, ‘n welbekende sakevrou in die Laeveld, het onlangs na dié dorp verhuis en besluit om die eerste van hierdie geleenthede daar af te skop. Sandra Jacobs van Innibos is op Swift se rooi bank verwelkom om oor Innibos te gesels.

Dié twee het die geskiedenis van dié Laeveldse fees bespreek, asook wanneer inwoners weer ‘n volle weergawe daarvan kan verwag. Jacobs het opgewonde meegedeel dat 2023 ‘n Innibos in al sy glorie vir die Laeveld inhou. Elke fees het dieselfde elemente, maar daar is altyd iets nuuts vir feesgangers om na uit te sien. Jacobs het gesê 2023 sal geensins anders wees nie, en dat hulle groot planne vir die fees het.
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit sluit seisoen se wintersport op hoogtepunt af

Swift het gesê hierdie reeks geselsies, waarvan die Innibos-tema eerste was, se doel is om die vrae te vra wat mense beantwoord wil hê, maar nie altyd weet hoe en deur watter kanale nie. Sy wil mense in belangrike rolle op haar bank laat sit en insiggewende gesprekke met hulle voer.


Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
