Local newsNewsNews

Mbombela-kunstenaar stel eerste album bekend

Coenie Naudé, teen dié tyd 'n bekende naam onder Mbombela-inwoners, gesels met Laevelder oor sy eerste album.

Coenie Naudé is ‘n musieknaam wat die afgelope tydjie aan talle geleenthede in die Laeveld gekoppel is.  Dié opkomende sanger stel op 16 Julie amptelik sy eerste album, Waarde, by The Blue Gate bekend.

Naudé vertel vir Laevelder meer oor die mense en gebeurtenisse wat hom tot by hierdie spesiale mylpaal gebring het.  Hy het op 11-jarige ouderdom sy eerste kitaar gekry en van toe af was hy meegevoer. Die album self se storie dateer egter na net drie jaar gelede.  “Ek is ná ek agtergrond-musiek by een van my vrou se werksfunksies gesing het, deur Belinda Erasmus genooi om by October Fest voor Heuwels Fantasties op te tree. Daar het ek my groot mentor, Hunter Kennedy, ontmoet. Hy skryf vir Heuwels Fantasties, Francois van Coke en Fokofpolisiekar.”

Coenie Naudé. > Foto: Verskaf

LEES OOK: Tienerseun van Lydenburg se fietsdroom word waar

‘n Jaar daarna het hy vir Danie du Toit van Spoegwolf ontmoet. Dié het ingestem om ‘n liedjie saam met hom vir die nuwe album te skryf en sing.  “Dit is mal! Daar is soveel van my in die album ingesit. Ek is baie opgewonde, maar baie gespanne om dit te deel, omdat dit so persoonlik is.”  In een woord opgesom sê hy mense kan iets “eg” van die album verwag. “Die musiek is geskryf in die seisoen waar ek nou in my lewe is. Die oudste liedjie op die album is amper twee jaar oud.

“Al my musiek hou verband met die natuur en die mooi wat mens raaksien as jy daarvoor soek. Al my love songs is vir my vrou geskryf, en daar is ook een wat vir my seuntjie van 14 maande geskryf is.”  Groot name soos Francois van Coke en Hunter Kennedy het hande in die album gehad.  Naudé vertel die verwerkings van die musiek het sowat twee jaar gelede begin, maar omdat hy die album self en deur vriende moes finansier, het dit baie langer geduur.

Danie du Toit en Coenie Naudé. > Foto: Verskaf

LEES OOK: Eet-en-vlug steek sy kop uit op Lydenburg

“In hierdie geval was dit vir my goed gewees. Dit het tyd gegee vir die musiek om ditself te vind. Die finale opnames het in April by Van Coke Studios in die Kaap plaasgevind. Dit was amazing!

“Net om in die ateljee saam met Francois van Coke (hoofvervaardiger), Richard Onraet (medevervaardiger) en Hunter Kennedy (skrywer van een van die liedjies en liriese afronder van al die ander) te wees, was ‘n reusevoorreg.”  Die lied wat Naudé saam met Du Toit sing, is “Reënboog”. Hy sê die ervaring om saam met hom te kon sing en skryf, was ongelooflik.  “Die mense wat hierdie album help vorm het, is my vrou, Miranda, Francois, Hunter, Richard en Almero Welgemoed.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button