IN FOTO’S: Ekstase en senuwees by Mbombela Stadion tydens Curriebeker-wedstryd
Hier is 'n paar oomblikke wat by Mbombela Stadion se Pumas Fan Fair tydens die Curriebeker-finaal vasgevang is.
Regoor die Laeveld het talle Pumas-ondersteuners bymekaargekom om dié span tuis te ondersteun terwyl hulle Saterdag die Griekwas in Kimberley die stryd aangesê het.
LEES OOK: Komatipoort Voories help met geskenkpakkies
Seer sekerlik dié bymekaarkomplek vir passievolle ondersteuners was die Mbombela Stadion, waar daar ‘n Pumas Fan Fair opgerig is. Hiér was oud en jonk konstant op die punte van hul stoele. Die manne in pienk het veroorsaak dat die ondersteuners hulle asems ophou tydens die stryd vir die Curriebeker-trofee.
LEES OOK: Get our game on: meet the Springbok squad
Kompetisies wat Pumas-truie aan ‘n paar gelukkige wenners besorg het, is voor die wedstryd gehou. Hiervoor moes jy enigiets van danspassies uitvoer tot opstote doen. ‘n Handjievol Pumas het ook hulle spanmaats by die stadion kom ondersteun en was natuurlik aan die einde van die wedstryd aan die ontvangkant van menige gelukwense.
















Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
