Komatipoort Voories help met geskenkpakkies
Die Komatipoort Voortrekkers neem deel aan Groot FM se initiatief om geskenkpakkies aan veldwagters oor te handig.

Die Komatipoort Voortrekkers en die geestelike radiostasie, Groot FM, het onlangs geskenkpakkies aan die veldwagters hier oorhandig. Die samewerking het gevolg nadat Eiwet Nel, administrateur van die Komati Voories, die uitnodiging oor die radio gehoor het. Die stasie het aangedui het hulle 400 geskenkpakkies aan die veldwagters wil skenk.
Hulle het gevra vir plaaslike ondersteuning en die kommando het sy hulp aangebied. Dit het ook mooi ingeskakel by die kommando se jare lange projek om Kersgeskenkpakkies vir die plaaslike veldwagters uit te deel. Dit is ‘n inisiatief wat ook deur ander Voortrekkerkommando’s in Pretoria gevolg word, en só kon almal hier hande vat.

Groot FM se ideaal is die ganse wildtuin, en nie net die suide van Skukuza nie. Die stasie het die kommando gevra of dit 100 van die 400 pakkies sou kon skenk. Oasis Komatipoort het dadelik die kommandoversugting gehoor en 400 bottels water geskenk. In ‘n baie kort tyd het die kommando meer as hulle 100 pakkies bymekaargemaak. Op die D-dag, 2 Junie, het die jongste Penkoppe en Drawwertjies in Skukuza aangesluit by die mobiele Groot FM-radiostasie en kon hulle by die oorhandiging betrokke wees.
LEES OOK: Voormalige Laevelder met ”n hart groter as sy boarms’ sterf
“Dis ons wildtuin wat ons help oppas,” is die verklaring van die Penkoppe en Drawwertjies. “Ons waardeer die harde werk van die veldwagters wat die natuur beskerm.” Die inisiatief is betekenisvol, want dit het weer die sluier gelig van die belangrikheid van gemeenskapsondersteuning aan die wildtuin. Dat die wildtuin baie vir die plaaslike gemeenskappe beteken, spreek vanself. Skenkings van goedgunstige mense kan ingespan word om tegnologie te bekom, wat die beskermingstaak verveelvoudig en vergemaklik.
Verlede jaar het Komatipoort Kommando ‘n oordprojek van stapel gestuur: die simboliese rol van ‘n wawiel vanaf Komatipoort na die Voortrekkermonument. Die gelde wat daarmee ingesamel is, gaan nou baie binnekort aangewend word deur Spear en Nig se organisasies sonder winsoogmerk om die tegnologieraamwerk uit te brei vir vroeëre bespeuring van stropers. Daar is ook nog die Duke-projek waarby die kommando betrokke is.
LEES OOK: Mbombela-kunstenaar stel eerste album bekend
Persone en instansies wat betrokke wil raak met skenkings kan die kommandoleier, Jan Engelbrecht, by 082 784 5682 skakel.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
