Local newsNewsNews

Marloth se seniors bederf met ete en musiek

Guardian Angels seniors geniet n dag saam uit by Maroela Restaurant, Marloth Park.

Die plaaslike Guardian Angels-tak het die seniors verlede week na die Maroela Restaurant en Lodge geneem.  Daar het hulle aan kerrie-en-rys en poeding met vla, wat deur Losaan Meiring, die bestuurder van Maroela, voorberei is, gesmul. Malelane Sitrus Koöperasie het vir almal daar ‘n sakkie pomelo’s geskenk.

LEES OOK: Mbombela-kunstenaar stel eerste album bekend

‘n Verdere verrassing was toe die plaaslike kunstenaar, Cameron Smith, agter die mikrofoon ingeskuif het en vir die gaste liedjies van toeka se dae gesing het.  Vier nuwe bejaardes is by die Marloth-groep verwelkom. Hierdie is ‘n maandelikse instelling en sakeondernemings en restaurante span saam om die seniors in samewerking met die Guardian Angels Marloth te bederf.

Twee gaste, Olie en Annetjie Olivier.
Cameron Smith, ‘n plaaslike sanger uit die Onderberg.
Ina Veldman, een van die Guardian Angel-orgaqniseerders aan die woord.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button