Dames geniet oggend ten bate van Hervormde Kerk Witrivier
'n Modeparade, musiekblyspelliedjies, uitstallers en meer het die vroue tydens 'n onlangse damesoggend op Witrivier vermaak.
Kleure en klere was die tema van ‘n damesoggend Saterdag by die NG Kerk Witrivier.
Jacques Lombard het die rol van seremoniemeester en sommer motiveringspreker meesterlik vertolk. Hy en Anne-Mari het ook die skare met liedjies uit The Greatest Showman vermaak, met uitrustings wat die liedjies deur en deur gestand gedoen het.
LEES OOK: Voormalige Laevelder met ”n hart groter as sy boarms’ sterf
‘n Modeparade was ook op die spyskaart, met bekende plaaslike gesigte in ontwerpersrokke wat die loopplank vernuftig aangepak het. ‘n Paar uitstallers is ook die geleentheid gegun om in die portaal hulle goedere uit te stal, waar gaste gedurende die pouse daarna kon gaan kyk.
Terugvoering na die geleentheid het die organiseerder, Henrietta Korf, geloof vir die dag se bedrywighede. Gaste sê hulle het dit terdeë geniet en dat Korf maar ‘n geleentheid mág reël. Lombard het gesê dat alhoewel die geleentheid by die NG Kerk Witrivier plaasgevind het, dit ten bate van die Hervormde Kerk Witrivier was.























Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
