Local newsNewsNews

Mpumalanga se Pelgrimsrus staan vir dorp van die jaar

Wanneer al nege finaliste in Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie op dié program verskyn het, sal die publiek van 17 tot 22 Julie vir die wendorp kan stem.

Pelgrimsrus is as Mpumalanga se finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar-kompetisie aangekondig.  So het die Kwêla-span die tog na Pelgrimsrus aangepak, om te sien presies wie en wat in dié geskiedkundige dorpie te vind is.

Vanes-Mari du Toit van Kwêla het op die kassie met verskeie van die dorp se sake-eienaars en inwoners gesels, wat graag oor die geskiedenis en die opknapping daarvan vertel het.  Hulle het haar gewys hoe goud gemyn word en ook gesê hoe opgewonde hulle is om die Internasionale Goudpankampioenskappe in Augustus 2023 aan te bied.

Die Royal Hotel op Pelgrimsrus. > Foto: Verskaf

Van daar is sy na die Royal Hotel, Kuzzulos Emporium, die Pelgrimsrus Gholfklub, Johnny’s Pub en Crystal Springs Mountain Lodge toe, waar elkeen haar vertel het van hulle daaglikse bedrywighede.  Rowersgraf het ook ‘n beurt gekry vir ‘n besoek, waar daar vir jou én die rower ‘n sjerrie gegee word.

LEES: Komatipoort Voories help met geskenkpakkies

Die trotse inwoners van “die land se enigste lewendige museum” kan nie uitgepraat raak oor alles wat die dorp bied nie. Hulle sê die mense is vriendelik, die dorp is skoon en rustig, daar is sóveel geskiedenis, en die natuurskoon alleen maak dit ‘n kuier werd.  Wanneer al nege finaliste (Pelgrimsrus is die sesde) op Kwêla verskyn het, sal die publiek van 18:00 op 17 Julie tot 12:00 op 22 Julie vir die wendorp kan stem. SMS die dorpsnaam na 33157 (SMS’e kos R1,50) om te stem.
Die wendorp word op 31 Julie 2022 op Kwêla aangekondig.

Pilgrim’s Rest Pantry. > Foto: Verskaf

Dié dorp wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET. Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ‘n advertensie van 45 sekondes oor die dorp maak wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word. Daar sal ook ‘n groot makietie vir die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daardie wendorpgees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm en dit sal later vanjaar uitgesaai word.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button