Pumalanga Aftreeoord hou feestelike fondsinsameling vir nuwe lapa
Debbie Kriel en Bianca en Lonita Swift het onlangs by Die Windpomp in Witrivier gesing ten bate van Pumalanga Aftreeoord se fondsinsameling.
Vrydagaand was een groot sop-en-sjerrie-partytjie by Die Windpomp.
Pumalanga Aftreeoord het die fondsinsameling vir hulle nuwe lapa hier aangebied. Drie plaaslike kunstenaars, Debbie Kriel en Bianca en Lonita Swift, het vir hope vermaak gesorg en die aftreeoord se inwoners was geensins bang vir die dansbaan nie.
LEES OOK: IN FOTO’S: Ekstase en senuwees by Mbombela Stadion tydens Curriebeker-wedstryd
Kaartjies was R100 per persoon en het die heerlike sop en sjerrie ingesluit. Alle opbrengste het aan Pumalanga gegaan.
Die span inwoners wat by die lapa se fondsinsameling betrokke is, het die eienaar van Die Windpomp, Lewies Dippenaar, hartlik bedank vir sy en sy personeel se aandeel om van die aand ‘n sukses te maak.
LEES OOK: Komatipoort Voories help met geskenkpakkies
Verskeie ander sakeondernemings het ook materiaal aan Pumalanga geskenk om hulle ‘n stappie nader aan hul einddoel te kry.








