Rugbygees en hoendervel by Jock
Ondersteuners op die punte van hulle stoele tot in die doodsnikke van die wedstryd tussen die Springbokke en Wallis, was Saterdag 2 Julie by verskeie kroeë in die streek aan die orde van die dag.
Hoewel die verloop van die wedstryd grotendeels die atmosfeer van die middag bepaal het, was daar veral ‘n sin van verligting tasbaar met die afwesigheid van gesigmaskers na bykans drie jaar.
Glimlagte was weer sigbaar en ondersteuners kon moeitevry aan ietsie kouds teug terwyl hulle op die televisie toegekyk het hoe ‘n volgepakte Loftus Versfeld luidkeels die nasionale volkslied saamsing.
ALSO READ: Safari Country opens with a bang in Mbombela
Diegene wat reeds kaartjies vir die toets teen Nieu-Seeland kon bekom, se opgewondheid was tasbaar, want eersdaags sing hulle ook saam aan die volkslied hier by die Mbombela Stadion.
Jock Pub and Grill was een van die drinkgate wat groot aftrek geniet het, en
daar was skaars plek vir ‘n muis. Laevelder was daar om dié geleentheid op kamera vas te vang.











