Landmerkgebou eie aan Lydenburg se geskiedenis
Sedert die laat 1800’s was die handelshuis van A A Morgan 'n winkel waar dorpenaars hul ware aangekoop het.

Dié algemene handelaar op die dorp, was ’n landmerkgebou in Langestraat oorkant die ou toringkerk (NG Moerdergemeente).
Die familie Morgan het vanaf 1861 tot 2015 hier sake gedoen.

Die gebou was later ’n hardewarewinkel, en ek onthou dat dit in 2008 ’n Mica- konsessiewinkel was. Die Morgans was vir jare ook General Motors-agente. Wie onthou nog die groot Morgans Pontiac se neonteken wat vir myle buite die dorp sigbaar was?
Lees ook: SA landsvlag wapper in Montreal se strate
Natuurlik ook die Morgans Hotel net langsaan in ou Markstraat, later
Voortrekkerstraat?

Ons het in die plaaslike argiewe gaan krap, maar vind bykans niks opgeteken en behoue wat meer inligting oor hierdie familie en hulle sakebedrywighede hier op Lydenburg kan gee nie. Ons hoop ons lesers kan ’n bietjie meer vertel. Moontlik is daar nog nasate met ’n herinneringskrif van een van die ouer voorsate of een wat nog meer kan vertel hoe sake verloop het en wat van hulle geword het.
Hierdie is ’n reeks foto’s wat oor die jare van die ou handelshuis in Langestraat bymekaargemaak is. Vandag staan die gebou leeg en is dit in onbruik.
Die outydse naam op die dak wat mettertyd aangebring is, is
darem intussen verwyder en word in veilige bewaring gehou.

