Local newsNews

Ehlanzeni gryp in by Thaba Chweu-krisis

Die VF Plus verwelkom die ingryping van die Ehlanzeni Distriksowerheid by die voortslepende waterkrisis in Graskop, Lydenburg, Mashishing, Pelgrimsrus en Sabie.

Amptenare van verskeie departemente van Ehlanzeni gaan vir drie maande na die Thaba Chweu Plaaslike Owerheid (TCLM) in ‘n toesighoudende rol gestuur word. Die Ehlanzeni Distriksowerheid (EDM) het ‘n verdere R4,9 miljoen begroot om die sukkelende munisipaliteit se dienslewering te verbeter.

Dit volg nadat Thaba Chweu aan sewe klagtes van wanbestuur en oortreding van die Omgewingswet en Waterbestuurwet op Maandag 13 Junie skuldig bevind is.

Lees ook: AfriForum Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven met skenking by

“Die huidige waterkrisis wat dié munisipaliteit ervaar, het nie oornag ontstaan nie. Swak beplanning van munisipale kant speel ‘n groot rol. Infrastruktuur soos pyplyne, damme, watersuiweringsaanlegte en waterpompe wat nie in stand gehou word, dra tot die probleem by.

“‘n Groot aantal waterlekkasies word nie herstel nie, wat water verlore laat gaan. Daar is oënskynlik geen kundige op die gebied van waterbestuur in Thaba Chweu nie. Die vuisvoos inwoners ly al vir jare onder die ANC-regering se wanbestuur. Daar sal streng administratiewe maatreëls in plek gestel moet word om hierdie proses te monitor om te voorkom dat die probleem weer in die toekoms ontstaan. Die VF Plus sal seker maak dat daar oor drie maande weer na die situasie gekyk word. Sou hierdie poging onsuksesvol blyk te wees, is die volgende moontlikheid dat Ehlanzeni die waterverskaffing in Thaba Chweu oorneem,” het Monique Bornman, VF Plus-raadslid van die EDM, gesê.

Themba Sibiya, die TCLM-woordvoerder, het gesê dat die munisipaliteit ‘n gebeurlikheidsbegroting vir die boete het en verwelkom die EDM se hulp. Hulle sal streng by die wetsvoorskrifte hou wat tydens vonnisoplegging by die Lydenburgse Rondgaande Hof opgelê is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button