Local newsNewsNews

Hulle is verlief, sê Francois na finale episode van Op My Eish!

Francois Jacobs en Nykie Pretorius is nog steeds dolgelukkig sedert hy haar in die laaste episode van Op My Eish! gekies het. Hy gesels oor die afgelope paar maande.

Oordeel en noem dit wat jy wil, maar ná vier maande staan dié Op My Eish!-paartjie nog sterk en die liefde blom.

Die laaste episode van dié reeks, met Francois Jacobs as die man op soek na liefde, het op 7 Julie die lig gesien en heelwat kykers geweldig ontstel.  Op die vooraand van sy keuse tussen die drie oorblywende dames, het Jacobs alleen tyd saam met Nykie Pretorius spandeer – weg van die kameras af, wat volgens die program se reëls eintlik nie toegelaat word nie.

Francois Jacobs en Nykie Pretorius tydens die laaste episode van Op My Eish!. > Foto: Sascha van der Westhuizen, Li Shazelle’s Photography

Is hy spyt hieroor? Nee. Jacobs sê wat moes gebeur het, het gebeur – sy keuse is gemaak, al was dit nou so ‘n paar ure vroeër as wat dit voor die kamera sou gebeur.  Hy sê hy sien die volk se punt in, maar hy dink ook die meerderheid mense verstaan hoekom hulle gekies het om daardie tyd alleen saam te spandeer.

Hulle is ook bly dat die afgelope paar maande se kluisenaarsbestaan uiteindelik nou tot ‘n einde gekom het. “Ons het vir vier maande aangegaan asof ons ‘n affair het,” lag hy.  In hierdie tyd het hulle al soveel meer van mekaar geleer en net soveel dinge al saam aangepak.

Francois Jacobs en Nykie Pretorius tydens die laaste episode van Op My Eish!. > Foto: Sascha van der Westhuizen, Li Shazelle’s Photography

“Ek leer baie by haar. Sy hits my aan en dit is fantasties.” In vorige verhoudings, sê hy, was dit asof daar altyd ‘n handrem was; met Nykie is daar “’n stootjie van agter” met alles wat hulle aanpak, wat vir hom wonderlik is.  Sy familie en vriende is saam met hom bly dat sy die keuse was. “Sy het dadelik ingeval. Hulle is mal oor haar.” Hy het ook dieselfde ervaring wanneer dit by haar mense kom.

LEES OOK: Drie kom tot Mbombela man en poedel se redding ná hond aanval

Nykie Pretorius en Francois Jacobs. > Foto: Verskaf

Oor die feit dat sy nie een van die oorspronklike deelnemers was nie, sê hy hy is eintlik verlig. Nie omdat daar iets aan die ander dames skort nie, maar omdat hy dink dit hom en Nykie half op dieselfde bladsy gehad het in terme van wat kon gebeur.

Hulle het die hele situasie oopkop ingegaan. En, sê hy, as sy nie besluit het om op die program te verskyn nie, sou hy dalk nooit liefde gevind het nie. Ten spyte hiervan is hy steeds dankbaar vir elkeen wat ingeskryf het.  Alhoewel hy iemand is wat homself goed ken en weet wat hy in die lewe wil hê, het hy steeds iets van homself deur die proses geleer.

Nykie Pretorius en Francois Jacobs pak een na die ander avontuur aan. > Foto: Verskaf

Volgens hom was hy in vorige verhoudings dikwels ‘n “heightened version” van homself, en dit was onvolhoubaar. Hy het homself voorgeneem om nie weer daardie selfde fout te maak nie.  Alhoewel hulle tans dolgelukkig is, is daar nie nou dadelik planne vir dinge soos trou en kinders kry nie. Hy sê dis nie dat dit heeltemal van die tafel af is nie, maar vir die onmiddellike toekoms is hulle planne om die wêreld vol te reis en dinge saam te ervaar. “Die liefde loop hoog, maar ons is rustig en wil tyd saam met mekaar spandeer.”

LEES OOK: Laerskool Witrivier krieketweek en hokkieweek terug met mening

Nykie Pretorius en Francois Jacobs. > Foto: Verskaf

Hulle het reeds hulle eerste paspoortstempels saam gekry en daar volg nog meer. ‘n Uitstappie Bali en Amerika toe is reeds in die pyplyn.  Soos met enige verhouding, het die tweetjies darem ook al vasgesit. Jacobs sê hulle het albei baie sterk persoonlikhede, wat botsing byna onvermydelik maak. Maar, hulle het reeds ‘n kodewoord in plek vir daardie oomblikke wanneer ‘n gesprek nêrens heen gaan omdat albei dink hulle is reg nie.

Dis keuse is eenvoudig en maklik om te onthou te midde van ‘n konfliksituasie: “Kodewoord!”

Nykie Pretorius en Francois Jacobs. > Foto: Verskaf
Nykie Pretorius en Francois Jacobs. > Foto: Verskaf

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button