Gemeenskap dra by tot Witrivier-rugbyspeler se kakebeenoperasie
'n Anonieme lid van die publiek het die geld vir 'n rugbyspeler se operasie voorgeskiet terwyl die Witrivier Rugbyklub fondse insamel om dit te dek.

Marcelino Marais, linkervleuel van die Witrivier Rugbyklub, het op 9 Julie tydens die Ehlanzeni-finaal tussen sy klub en Barberton ‘n kaakfraktuur opgedoen. Ná die besering het sy klub ‘n fondsinsameling van stapel gestuur sodat hy die nodige mediese sorg kon kry.
Dit was nie ‘n week nie, toe kom ‘n anonieme persoon na vore en leen die volle bedrag aan die klub. Dit het gesorg dat Marais op 15 Julie die suksesvolle operasie by Busamed Laeveld Privaat Hospitaal kon ondergaan. Intussen kan die klub nou met hulle fondinsameling voortgaan ten einde die persoon terug te betaal.
LEES OOK: Kabouterland donates to White River SPCA
“Ek wil net dankie sê vir almal wat agter my staan in die tyd van nood, dit beteken die wêreld vir my.” Hy sê hy het selfs vir sy ma laat weet sy hoef oor niks meer te bekommer nie, want hy is al van dag een af in goeie hande.

“Ek kan met gemak sê dat ek by die beste rugbyklub in die land is, want ek glo nie daar word soveel liefde by die ander klubs getoon soos by ons nie. Ek is net bly dat ek by dié klub aangesluit het. Dit is waar ek vir altyd sal wees, maak nie saak wát nie – dis my klub dié.”
LEES OOK: AfriForum Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven met skenking by
Die klub het almal van Witrivier, insluitende die gemeenskap, klubbestuur, die klub se kroegbestuur, die Old Boys, afrigters en spelers, bedank. “Daar is soveel harte in hierdie tyd oopgemaak. Dit is oorweldigend om die asemrowende manier waarop ‘n gemeenskap vir iemand saamspan, te sien.”
Kontak die Witrivier Rugbyklub sou jy graag tot die fondsinsameling wou bydra.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
