Lanies kondig akademiese uitblinkers aan
Laerskool Malelane het met trots hulle top vyf leerders in grade 4 tot 7 aangekondig.
Die top vyf van Laerskool Malelane se akademiese uitblinkerleerders in grade 4 tot 7 is onlangs aangewys.
Een van hulle, Lara Janse van Rensburg, in die gr. 6-groep, is vir die A+ Studentespan vir Mpumalanga gekies. Die klompie provinsiale uitsoekleerders gaan op 3 September aan die nasionale kampioenskappe in Pretoria deelneem.
LEES OOK: Watervalsriviervallei skud sy vere reg vir Wildevy 2022
In die top vyf in gr. 4 is Nina Oosthuizen, Antoine Neetling, Langi Chauke, Hanroux MacGregor en William Radley.
Gr. 5 se top vyf is Sincobile Sibiya, Kloé Wilken, Lehumo Masjego, Deseré Porter en Nonjabulo Sibaya.
Gr. 6 se top vyf is Lara hier bo, Amoré Oosthuizen, Minette Swartz, Nienke Radley en Namitha Radhakrishnan.
Gr. 7 se top vyf is Robroy MacGregor, Ellie Bezuidenhout, Zack Stander, Zané van Staden en Jano Allerston.



