Local newsNewsNews

Laeveld-skrywer stel boek bekend

Ilona Petzer deel in haar nuwe boek meer oor haar ervarings in Parys en die Krugerwildtuin.

Ilona Petzer, die bekende en geliefde plaaslike beeldende kunstenaar, het verlede Saterdag haar boek, Hartskos in die bos/Straatwys in Parys, saam met Innibos by die Damhuis Kutsaga op die Friedenheim-plaas bekendgestel.
Tesame was daar ook ‘n uitstalling van haar skilderkuns en keramiekware.

Susan Toerien, Ilona Petzer, Alleida van Wyk en Philna Scholtz.

“Die grootsheid van die skepping is onder meer wat my inspireer wanneer ek my in die natuur bevind,” vertel Petzer, “maar net so het ek tydens verskeie kere se verblyf in Parys in die Cité Internationale des Artes gevoel my kunstenaarsiel word op soveel uiteenlopende maniere gevoed.”

ALSO READ: Mbombela sting earns alleged ticket thief a red card

Marie de Kock, Marinda Rheeders, Juliana Walters en Ilona Petzer.

Die reisgogga het haar gebyt toe sy as lugwaardin gewerk het, en haar liefde vir die natuur is op sy beurt verdiep in latere jare se werk as gids in die Krugerwildtuin.

“Ek voel bevoorreg om te kan put uit hierdie twee wêrelde, en wou graag van my gedagtes daaroor neerpen.”

Ilona Petzer.

Die voorwoord is geskryf deur wyle Judith Mason, ‘n vriendin en mentor van Petzer. Om die boek te bestel, skakel Petzer by 082 893 6718.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button