Local newsNewsNews

Hoërskool Nelspruit se matrieks geniet glansryke afskeidsaand

Hoërskool Nelspruit se matriekafskeid was vanjaar beslis een vir die boeke.

Vanjaar se NHS-matriekafskeid was beslis een van dié skool se mooistes, indien nie die mooiste een ooit nie.

Bessie Breytenbach, die organiseerder, en die gr. 11-ouerkomitee het Saterdag se glansgeleentheid beide spesiaal en onvergeetlik gemaak.

Kavinga Guest House & Wedding Venue net buite Mbombela is in ‘n magiese toorbos omskep. Die tafels is elegant met pragtige groenighede gedek en die saal met duisende liggies en kerse versier. Daar was ook ‘n groot dansbaan buite die saal.

ALSO READ: Buscor bus with 60 passengers in accident in Mbombela

Tydens die aankoms by die skool was daar ‘n verskeidenheid spogmotors – van klassiek tot splinternuut. Die seuns is netjies in deftige pakke uitgevat en die meisies in pragrokke. Hierdie jaar was groen definitief die modeneiging, so asof hulle een met die toorbos wou wees.

Na afloop van die aankoms is die leerders met busse na Kavinga geneem waar hulle die betowering in al sy glorie kon ervaar. Gedurende die aand het die klas van 2022 saam gekuier, gedans en gelag – waarlik ‘n geleentheid om hul menswees en jonkwees te vier.

Die skool het al die borge, sonder wie die aand nie moontlik sou wees nie, hartlik bedank.

Conrad Joubert en Minki Wessels.
Karien Goosen en Jano Putter.
Adrienne Combrink en Larusha Scheepers.
Jayden Clark en Jomarié du Toit. > Foto’s: Jolian’s Photography
Wikus van Biljon en Magdaleen Terblanche.
Kian Cilliers en Lerissa Grobler.
Wian Stoltz en Savanti Kirsten.
Luann Strauss en Lani Swart.
Chené Gryvensteyn en Christiaan Potgieter.
Die dekor vir die aand was soos iets uit ‘n sprokie. > Foto: Mamarazzi Photography Nelspruit

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button