Radiodramaslypskool geskied binnekort op Kaapsehoop
Innibos en RSG span in Augustus kragte saam om 'n radiodramaslypskool op dié dorp aan te bied.
Indien jy nog altyd ‘n radiodrama wou skryf of dit dalk in die klaskamer wou inspan, is die slypskool, “Goddank vir klank”, deur Kobus Burger, waarnemende programbestuurder van RSG, net die plek waar jy meer daarvan te wete kan kom.
Dit is die eerste keer wat hierdie slypskool in die Laeveld aangebied word. Dit is op Donderdag en Vrydag 18 en 19 Augustus op Kaapsehoop en word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Nasionale Afrikaanse Toneelinisiatief.

Burger gaan kursusgangers onder meer leer oor hoe ‘n klankdrama geskryf word, wat ‘n suksesvolle storiestruktuur behels, watter tegnieke ingespan kan word om ‘n luisteraar te boei en hoe byklanke en perspektief benut kan word.
LEES OOK: Izak du Plessis, bekende potgooier en voormalige radioman, agter tralies
Leer ook sommer meer oor die storievertelkuns en waarom dit nie net terapie vir die luisteraar is nie, maar ook vir die verteller. Lenore Zietsman is ‘n plaaslike meesterstorieverteller en sal die slypskool Vrydagmiddag afsluit.
Die koste per persoon beloop R1 000 en sluit ligte etes in. Verblyf op Kaapsehoop is vir elke deelnemer se eie rekening. Daar is verskeie gastehuise en selfsorggeriewe op die dorp beskikbaar.
Stuur ‘n e-pos na annemarie@innibos.co.za om te bespreek.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.
For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder
For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
