Local newsNews

Brunch met Brel ‘n heerlike ontbytbederf in Mbombela

Christie's at 32 on Russell het onlangs talent sonder weerga op sy verhoog gehad as deel van een van Innibos se konserte.

Innibos se tweede aanbieding van Klassiek@Christie’s het Saterdagoggend gesorg vir ‘n laat ontbyt soos min.

Niël Rademan se stem en Elna van der Merwe se kundige hande op die klavier het saam die gehoor op een reis na die ander geneem toe hulle hul talente meesterlik laat saamvloei het.

Rademan het die verskillende nuanses van onder andere Danie Bosman en Jacques Brel se musiek na vore bring. Innibos het dit vooraf as “’n nostalgiese musiekproduksie gestroop van alle pretensie” beskryf – Rademan en Van der Merwe het beslis hierdie beskrywing gestand gedoen.

As ‘n man van vele talente, is Rademan ook ‘n vaardige trekklavierspeler. Saam het hy en Van der Merwe ‘n tikkie ou Europa na die Laeveld gebring.
Na afloop van die vertoning het Innibos se Sandra Jacobs die duo bedank, waarna Rademan die fees geprys het vir hul bydrae tot die kunste.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button