Local newsNewsNews

Kaskarkaskenades by Laerskool Nelspruit ‘n sukses

Laerskool Nelspruit se kaskardag op 19 Augustus het vir groot genot gesorg.

Laerskool Nelspruit se 68ste kaskardag was vanjaar nie net ‘n reusesukses nie, maar hope pret vir die leerders.

Die jaarlikse instelling dien as ‘n fondsinsameling vir die skool, en hoe beter om fondse in te samel as met kaskarre en boeresport?

Elke jaargroep het volgens ‘n spesifieke tema aangetrek, enigiets van Pumas en paddas tot superhelde en oumas en oupas, en is ná ‘n op- en bymekaarkoms losgelaat om deur die verskillende boeresportpunte te roteer.

Daar is twee kaskarbane opgestel wat vir strawwe kompetisie tussen die verskillende klasse per graad gesorg het, en dan was daar natuurlik die sportsoorte.

Die driebeenresies was ‘n gesig om te aanskou met die verskillende benaderings wat die leerders geïmplementeer het. Sommiges het besluit hop is die beste manier, ander het geloop om hulle treë beter te koördineer, en dan is daar ook natuurlik ‘n paar wat gemaak het asof die rek rondom hul “derde been” skaars bestaan het.

Eiergooi is vanjaar met waterballonne vervang, wat die senuwees behoorlik geteister het hoe verder die gooie gestrek het. Die buitebandrolkompetisie het ‘n paar… interessante metodes opgelewer.

Toutrek het binne oomblikke in ‘n luide gejuig ontaard soos maats mekaar aangehits het, en dan moes die leerders by ‘n ander stasie bontstaan om hulle maats se besems te vang sodra die meneer in beheer gefluit het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button