Local newsNewsNews

Innibos se Musical Moments het gehoor in magiese vervoering

Dié jaar se Klassiek@Christie's was 'n absolute lus vir die oor en siel.

Klassiek@Christie’s se tweede vertoning op 20 Augustus was in ‘n liga van sy eie, met meer as een gehoorlid wat trane moes wegpink.

Lynelle Kenned, Niël Rademan en Elna van der Merwe het keer op keer die gehoor se asems weggeslaan met liedere wat hulle op die “verhoog” by Christie’s at 32 on Russell hulle eie gemaak het.

ALSO READ: Mpumalanga Show: Food, fun and a whole lot more for the entire family

Kenned het met haar sopraanstem vanuit die gehoor haar pad na die verhoog gevind, waar Rademan sy bariton bygevoeg het. Dié twee het met die begeleiding van Van der Merwe grepe uit van die mees geliefde musiekblyspele van West End, onder meer The Phantom of the Opera, Les Misérables, The

Sound of Music en West Side Story voor die gehoor se voete gelê.

As gehoorlid kon jy net in verwondering sit en die musiek op jou laat neerdaal.

Onder die drie kunstenaars is daar verskeie benoemings en toekennings, en ook ‘n doktorsgraad, wat geeneen wat teenwoordig was sal verbaas nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button