Lydenburg se kleuters zoem van opgewondenheid toe Bee-Bee kom kuier
Kleuters leer meer van omgewing by reuse, Bee Bee die By.
Verskeie kleuterskole het op Donderdag en Vrydag 18 en 19 Augustus besoek van Bee-Bee die By en Jeanette Pretorius ontvang.
Pretorius het namens Bee-Bee gesing en gepraat. Die oulike bytjie het vir die kleingoed opvoedkundige musiek gesing wat oor insekte, higiëne, wilde diere en goeie maniere handel.
Lees hier: Hans steek die Rubicon oor-akteur gesels voor Mbombela-vertonings

Die oulike bytjie het vir die kleingoed opvoedkundige musiek gesing wat oor insekte, higiëne, wilde diere en goeie maniere handel. Die kinders het behoorlik “gezoem” van opgewondenheid. Dwergieland Kleuterskool het tot ’n koek met ’n Sneeuwitjie en die sewe dwergies laat bak om sommer lekker partytjie saam met die bytjie te hou.
Bee-Bee was Donderdag reeds om 08:00 by Woelwaters Kleurskool en Vrydag het die kleuters soos bytjies aangetrek. Die by het Vrydag ook by die Purple Pepper Kleuterskool ’n draai gemaak. Die ander kleuterskole waar die bytjie gaan kuier het, was Turning Tides Montessori, Acacia Montessori en Laerskool Lydenburg se grondskoolfase.



