Local newsNews

Innibos se Teaterweek is hier

Daar is nog kans om jou kaartjies vir Innbos se Teaterweek te kry. Die eerste vertoning is vandag, 1 September, om 18:00 by die Mbombela Stadsteater.

Innibos se Teaterweek skop vandag af met ‘n komedie en ‘n drama waaroor daar nog lank nagedink gaan word.

Die twee teaterstukke is vanaf 1 tot 3 September in die Mbombela Stadsteater te sien. Oudword is nie vir sissies nie, soos die geliefde karakter, Hans, in die skrywer Rudie van Rensburg se topverkoper, Hans steek die Rubicon oor, lesers en radioluisteraars reeds oortuig het. Nóú kom haal Hans sy streke in dié verwerking op die verhoog uit.

LEES OOK: Bome erken vir hul geskiedkundige waarde in Lydenburg

Leon van Nierop en Ruan Wessels. <br />> Foto: Verskaf

Die tweede toneelstuk sorg vir afwisseling van Hans en sy komiese streke. ‘n Soeke na liefde is die deurlopende tema van die draaiboek, Plesierengel, uit die pen van Leon van Nierop. Die hoofkarakter se soektog loop weens tragiese omstandighede ‘n onkonvensionele en omstrede roete – hy laat vroue swymel en word die hoogsbetaalde gigolo in die land. Tog behels die emosionele onderstroom soveel meer as wat op die oog af blyk.

Charlie Bouguenon. > Foto: Verskaf

Die akteur Ruan Wessels vertolk die rol van Tristan, wie se verhaal, aldus Van Nierop, op die waarheid gebaseer is.

Kaartjies kos R150 en is by Quicket en by die deur te koop.

• Hans steek die Rubicon oor: Donderdag, 1 September, om 18:00, Vrydag, 2 September, om 20:00 en Saterdag, 3 September, om 10:00.
• Plesierengel: Vrydag, 2 September, om 17:00 en Saterdag, 3 September, om 15:00.

Vir meer inligting, bel Philna Scholtz van Innibos by 072 211 3565.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button