Local newsNews

Rustige Lydenburg-strate kry vrolike lewe

Hoërskool Lydenburg stap met groot gejuig deur die dorp vir Padlangsdag.

Elke jaar vier Hoërskool Lydenburg (LHS) sy unieke gees- en spanboudag, die Padlangsdag, tesame met die begin van lente.

Op Vrydag 2 September het die ietwat meer as 1 200 leerders die dorp op horings geneem en die verkeer byna tot stilstand gebring.

Terug by die skool het die leerders boeresport, piekniek en uitdagings soos toutrek geniet.
Dit was vanselfsprekend dat die skooltasse vandag by die huis gebly het, en almal het baie pret gehad.

Lees meer in volgende week se Steelburger/Lydenburg Nuus.

Geniet die gallery hier:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button