Local newsNews

Een persoon word 15 in Innibos-teaterstuk

Jy het 'n lekker laggeleentheid misgeloop as jy nié Hans steek die Rubicon oor tydens Innibos se Teaterweek gaan kyk het nie.

So kom Innibos se Teaterweek tot ‘n einde en die stad se mense is weer so ‘n tikkie teaterkultuur ryker.

Rhinus Lotz, Thelma Lotterie en Chantelle van Wyk.

Hans steek die Rubicon oor was die eerste om dié week op 1 September by die Mbombela Stadsteater af te skop. Charlie Bouguenon was die ster van hierdie eenmanvertoning gebaseer op die skrywer, Rudie van Rensurg, se topverkoper van dieselfde titel.

Adelene Niehaus, Johan van der Merwe en Philna Scholtz.

Met Francois Toerien se verwerking en Lizz Meiring se regie het Bouguenon nie net die hoofkarakter, Hans, se skoene volgestaan nie, maar ook dié van 15 ander karakters.

Charlie Bouguenon.

Met die blote verandering van sy gesigsuitdrukking en lyftaal het hy voor die gehoor se oë konstante gedaanteverwisselings ondergaan – daar was geen twyfel oor watter karakter hy op ‘n spesifieke tydstip vertolk het nie.

Estie en Pieter Woest en Carel Kruger.

Vir ‘n man wat aan 40 se deur klop, het hy ‘n baie oortuigende inwoner van Huis Madeliefie, ‘n huis vir bejaardes, gemaak. Die matrone van dié huis se diktatorskap het vinnig onder Hans en sy bende se streke getuimel; soveel so dat hardkoppige Hans, wat eens op ‘n tyd alles in sy vermoë probeer het om uit die “tronk” te ontsnap, vasberade is om nou daar aan te bly en sy rol as die leier van sy nuut gestigte party, die Progressiewe Organisasie vir die Emansipasie van Patriotte (POEP), vol te staan.

Ruan Wessels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button