News

Behoefte aan nuwe stortingsterrein op die tafel

Die stortingsterrein in Burgersfort is tans gesluit en skep ’n geweldige probleem vir die gemeenskap om vullis weg te gooi. Dit bring die ontstaan van baie onwettige stortingsterreine tot gevolg.

BURGERSFORT – Die behoefte aan ’n stortingsterrein vir die inwoners van die Fetakgomo Tubatse Plaaslike
Owerheid het die gemeenskap genoop om hande met die VF Plus te vat en dié party se inisiatief om Maandag 5 September ’n skoonmaakaksie te loods, is ondersteun.

Rdl. Charmaine Oosthuizen van die VF Plus het gesê van die inwoners het saam met die raadslid begin om onwettige vullisterreine skoon te maak.

Die vullis is na ’n stortingsterrein weggery, etlike kilometers van die woongebied af. Tans maak die munisipaliteit en die inwoners van ’n stortingsterrein in Apel gebruik, wat 100 km ver van die
woongebied is.

Die stortingsterrein in Burgersfort is tans gesluit en skep ’n geweldige probleem vir die gemeenskap om vullis weg te gooi. Dit bring die ontstaan van baie onwettige stortingsterreine tot gevolg.

Die party gaan navraag by die betrokke departemente doen en met die munisipale bestuurder
in gesprek tree rondom ’n nuwe stortingsterrein wat nader aan die omgewing geleë moet wees.

Die VF Plus nooi die inwoners uit om betrokke te raak en aan te sluit by hul plaaslike tak om op
hoogte te bly van die vordering met belange wat hulle na aan die hart lê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button