Local news

Motor so tussen die boom en die bas toe boom omval

'n Ou bloekomboom het gister (September 28) in Lydenburg op 'n motoris se kar omgeval waar hy geparkeer gestaan het.

Op Woensdag 28 September het ‘n man heerlik in sy Toyota onder die koelte van dekade oue bloekombome op die warm lentemiddag gesit, toe een van die bome onverklaarbaar en sonder waarskuwing daarop omval.

Die voorruit van die motor is gekraak, die dak is ingeduik en die regterkantste spieëltjie het afgebreek.

Daar is nog ‘n hele paar ou bloekombome oor op die hoek van Viljoen- en Bhurmanstraat wat voor 1900 reeds geplant is.

Vroeër in September het die Boslelie Tuinbouklub van Lydenburg juis ook hierdie bloekombome geïdentifiseer as van die oudste bome op die dorp.

Nooddienste het die boom opgesaag en die man gehelp om dit te verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button