News

‘Oorwin van bo’ steeds parabat-veterane se trots by Ohrigstad-byeenkoms

Valkermbataljon se veterane herleef gloriedae tydens Erfenisdag op Ohrighstad.

Die Latynse frase, Ex alto vincimus, beteken oorwin van bo.
Vir die valskermbataljon se veterane, wat oor verskeie dekades deel van die Suid-Afrikaanse Weermag was, is dit steeds die erekode waarvolgens hulle leef.

Die veterane van die Lydenburg Bats het op Saterdag 24 September by Latsky’s Padstal op Ohrigstad hul tyd in die weermag herdenk. Die eienaar van die padstal, Peet Latsky, is ook ‘n veteraan.

Die parabat-veterane en gaste.

Daar word na die eecnheid as parabats verwys. Die bataljon het baie aktiewe operasies uitgevoer, en het baie hoogs gedekoreerde soldate opgelewer. Van die oorloë sluit die Suid-Afrikaanse Grensoorlog vanaf 1966 tot 1989 in. Hul bekendste optrede was die omstrede Slag van Cassinga in 1978.Martin Hattingh, wat saam met ander parabat-veterane die Lydenburg Bats gestig het, het vertel hulle is deel van die Nomad Canopy.

Cor Cross van Ohrigstad het ‘n vlag as eerbetoning aan die veterane wat nog leef en dié wat reeds oorlede is, gehys.
Coen van der Merwe het namens die Parabats Veterane Organisasie ‘n gemonteerde gedenkplaat op marmer aan die Lydenburg Bats oorhandig.

Hattingh het Brothers 2 Brothers Embroidery bedank wat hul hemde vir Saterdag se byeenkoms geborg het. Die veterane bedank ook vir Latsky wat weer eens sy fasiliteite vir hul jaarlikse byeenkoms beskikbaar gestel het, asook vir Willem Pretorius vir sy skenking en leiding van die parade.

Die groep saam met hul families.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button