Local news

IN FOTO’S: Twee dae van pret en plesier by Innibos Buitelug Familiefees

Dié twee dae was 'n lekker voorsmakie vir die volwaardige Innibos wat weer in Junie 2023 by Hoërskool Bergvlam aangebied gaan word.

Van puik musiek tot prettige toutrek; van heerlike kosstalletjies tot koekversierdemo’s; van pragtige handwerkstalletjies tot ponieritte…

Die Innibos Buitelug Familiefees, wat 30 September en 1 Oktober by Kwanyoni Lodge plaasgevind het, het voorwaar iets vir elke smaak en elke lid van die gesin op die program gehad!

LEES OOK: BUCO Nelspruit groet oom Calie op gepaste wyse

Meer as 4 000 mense het die heerlike somerweer, die pragtige terrein en die feestelike atmosfeer dié naweek behoorlik geniet. Die demonstrasies op die Absa-kuierstoep was baie gewild en veral die koekversierdemonstrasie en -kompetisie het wye belangstelling gelok!

Melinda Viljoen en Mila Guy van Binnelanders, Liam Bosman en Righard van Jaarsveld van Diepe Waters en Esther von Waltsleben en Maurice Paige van Suidooster het hulle slag teen Shane Kirkwood en Ettienne Taljaard van die Pumas en ‘n paar lede van die publiek gewys.

Viljoen se koek het met behulp van haar “ondersteuningspan” met die louere weggestap. Jimmy Stonehouse het die wenkoeke ten bate van Huis Betlehem opgeveil – R4 000 is só ingesamel.

Die Bergendal Slaghuis se worsmaakklas, Nitali se oulike Tjhoko-paint-demonstrasies en die kunsvlieghengeldemo deur Robert Steyn van die Sabie Forelklub het groot aftrek gekry. Dan was daar ook nog ‘n “Mentalist”-vertoning deur Riaan Loubser en heerlike stoeppraatjies deur die bekende Bouwillem Theron.

In die kinderarea onder die blou afdak is daar lekker speletjies gespeel. Veral die toutrek teen die Pumas-rugbyspelers het vir groot vermaak gesorg – tot die pappas het later kom handjie bysit!

LEES OOK: Mbombela-balletkonsert gee lewe aan sprokiesverhale

Die stalletjie-area was ‘n lafenis met sy koeltebome, heerlike groen gras en wyntuintjie. Hier kon feesgangers na hartelus kyk en koop terwyl Esmé Bergh rustige musiek op die klavier en viool verskaf het.

LEES OOK: Rustig Ouetehuis se inwoners beïndruk in tuinkompetisie

Die kykNET-verhoog het albei dae vir die hoogtepunte van die dag gesorg. Puik optredes deur van die land se gewildste kunstenaars het die gehoor op hulle voete gehad. Die energieke optrede deur Snotkop en groepe soos Droomsindroom en Reën was veral baie gewild.

> Foto: Quintessential Photo & Video Worx

Voeg daarby die immergewilde Ricus Nel, Refentse, Bernice West en Irene-Louise van Wyk, en dis geen wonder dat veral die jonges van dae bankvas voor die verhoog bly dans het!

SIEN OOK: IN FOTOS: Laerskool Bergland se Vonkel Fees ‘n groot sukses

> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx

> Foto: Quintessential Photo & Video Worx

Plaaslike sterre Coenie Naudé, die 0260 Duo, Die Laevelders en Soul Taxi het ook die geleentheid gehad om op te tree en die Laeveld met puik talent uit eie bodem trots te maak.

> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx
> Foto: Quintessential Photo & Video Worx

Die Boerboel Bene Kompetisie was groot pret! Die groep Jan Jan Jan, wat ook Vrydagaand opgetree het, het nuwe status aan mooi gevormde bene gegee, en plaaslike bulle en asters kon Saterdag op die kykNET-verhoog met hul gespierde kuite en bultende bobene spog!

André de Goede en Marietjie Reitz het hier met die wentitels weggestap.

By die baardkompetisie het die manne dié afdelings gewen: Langste baard – Callum mac Pherson; woesste baard – André Jacobs; mooiste baard – Piet Small; en baardman met persoonlikheid – Basie Cremer.

Die Innibos-bestuurspan, wat die Buitelug Familiefees as deel van die 2022-tema “Heeltyd Feestyd” aangebied het, was tevrede met die verloop daarvan.

LEES OOK: Bekende Nelspruit-sakeman uiteindelik bevry van alkoholisme se greep

“Ons het heeljaar al geleenthede en projekte soos boekbekendstellings, musiekkonserte en teaterstukke aangebied, maar hierdie fees was iets wat die hele gesin kon kom geniet – ‘n voorsmakie vir die groot Innibos wat weer in Junie 2023 by Bergvlam aangebied sal word,” sê Sandra Jacobs, die fees se media- en bemarkingsbestuurder.

Die Innibos-feesdatums vir volgende jaar is 29 Junie tot 2 Julie. Hou gerus die media dop vir meer inligting hieroor!

‘n Foto-album van die naweek se feesbedrywighede sal op www.innibos.co.za te siene wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button