Local news
Fondsinsameling ten bate van Moving Mountains in Witrivier gehou
Pieter Smith was op 30 September in Witrivier vir 'n goeie doel.

Laevelders het Vrydagaand vir ‘n opskop by Die Windpomp bymekaargekom, alles ten bate van Moving Mountains. Moving Mountains is ‘n nie-winsgewende organisasie wat minder-bevoorregte kankerpasiënte help.
Die sanger Pieter Smith het die vermaak tot groot genot van die skare verskaf.

Hy het van sy eie liedjies tot wat hy noem ‘n drinking medley gesing – dié, sê hy, is gewild in pubs en dateer so ver terug as 70 jaar gelede.
Geen sessie van dekliedjies is natuurlik volmaak sonder een of twee Neil Diamond-treffers nie wat hy ook gesing het.
Izelle Pretorius van Moving Mountains het Lewies Dippenaar, die eienaar van Die Windpomp, hartlik bedank.







At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
