News

Eskom vervang kabels van rioolaanleg op Burgersfort ná druk

Eskom het reeds begin met die vervanging van kabels by die rioolsuiweringsaanleg.

Weens die vinnige optrede van die VF Plus in die Fetakgomo Tubatse Plaaslike Owerheid, word die rioolkrisis tans aangespreek.

Eskom het reeds begin met die vervanging van kabels by die rioolsuiweringsaanleg.

Op 8 Oktober het ’n bekommerde inwoner die krisis in wyk 18, wat reg langs die R37 by Burgersfort Toyota is, onder die VF Plus se aandag gebring.

“Die party het dadelik opgetree en ’n oorsigbesoek aan die gebied gebring. Foto’s is van die stroom riool en vullis wat die omgewing besoedel, geneem.
“Die VF Plus het die burgemeester, Eddie Maila, gevra om dadelik aandag aan die saak te skenk. Dit skend die gemeenskap se grondwetlike reg om in ’n gesonde omgewing te leef en te werk.

“Daar is ook met ’n verteenwoordiger van die Lepelle Northern Water (LNW), Nature Hictor, geskakel. LNW is verantwoordelik vir rioolbestuur in Burgersfort,” het Charmaine Oosthuizen, VF Plus se raadslid in die Fetakgomo Tubatse Plaaslike Owerheid, gesê.

Na bewering is kragkabels ’n maand tevore gesteel, met die gevolg dat die pompstasie nie kon funksioneer nie. Volgens Eskom is daar ’n tekort aan sekuriteit by die pompstasie.

Die VF Plus sal tydens die volgende raadsvergadering vra dat sekuriteit by die rioolpompstasie opgeskerp word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button