News

Mikpunt meer as 302 emmers vir behoeftiges in Lydenburg

Wings of Gratitude beoog groot welsynsprojek oor feestyd

Na ‘n klein begin in 2019, het die Wings of Gratitude se emmerprojek die een sukses na die ander bereik.
In 2021 is daar genoeg niebederfbare goedere ingesamel om 302 items uit te deel. Sommige skenkers het klaargevulde emmer gekoop wat nou by al die groot supermarkte beskikbaar is.

Behalwe die emmers, samel Wings of Gratitude ook lekkergoed en speelgoed in. Die speelgoed is vir kinders van so klein soos een maand oud tot tieners.

Lees ook: Plaasfees ‘n lekkerte vir Lydenburgers

Die datum wat tentatief bepaal is om hierdie geskenkies en ander lekkernye uit te deel, is Woendag 23 Desember. Die kans is goed dat Kersvader sal opdaag om die pakkies uit te deel.
Die emmers sal by die behoeftige families en bejaardes afgelewer word.

Wings of Gratitude is ‘n geregistreerde organisasie sonder winsbejag.
Hulle verskaf daagliks kospakkies aan behoeftige bejaardes en families. Die mense in nood se name word anoniem gehou.
Toinette Keel en Lorinda Kapp, direkteure van die organisasie, publiseer al die aankoopbewyse op die groep se Facebookblad. Die kontantskenkings word ook streng saam met die aankoopbewyse gekontroleer.

Vir meer inligting skakel Keel by 072 680 2434 of Kapp by 071 944 1175. Hulle sal ook meer spesifieke raad kan gee watter geskenke die kinders benodig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button