Lydenburg se broer-en-sustersangpaar stel “Saam is ons sterker” vry
Trefslae vir die musiekvideo het reeds toegeneem op sosiale media na die vrystelling op 28 April.
Wynand en sy suster, Nicolene Breytenbach, is baie opgewonde oor hul nuwe enkelsnit wat op 28 April vrygestel is. Die titel daarvan is “Saam is ons sterker”.
Wynand is besig om meer en meer bekendheid te verwerf en die twee se enkelsnit is vir seker ‘n innemende, opbouende stuk musiek. Nicolene is ook ‘n sanger wat naweke en in haar vrye tyd gereeld by plaaslike restaurante, musiekfeeste en troues optree. Haar unieke ukelele is gewoonlik byderhand vir die begeleiding.
“Dit is reeds op alle digitale platforms beskikbaar. Hou my Facebook-blad dop, getiteld Nicolene Breytenbach Artist. Ons bedank ook vir Charné, bekend as Ligskyn, vir die pragtige foto’s wat sy geneem het. Dankie ook aan Hennie Dreyer van Victory Music Studio. Hy het gehelp skryf en die stuk gekomponeer. Dankie ook aan Gerrit van Vuuren, alias Stass van Stass Music,” het Nicolene gesê.




