Het jy al vir die Nelspruit Eisteddfod ingeskryf?
Die Nelspruit Eisteddfod se inskrywings sluit op 20 Mei.

Die Nelspruit Eisteddfod se inskrywings sluit binnekort, so roer jou litte as jy nog nie ingeskryf het nie.
Die organiseerders het vroeër vanjaar die datums vir die gesogte kalendergeleentheid aangekondig: 24 Julie tot 8 Augustus, met die gala-aand op 15 September. Die inskrywings het op 17 Maart geopen en sluit op 20 Mei.
LEES OOK: Hoërskool Nelspruit se goue Ashley doen dit weer!
Die program lyk soos volg:
• 24-28 Julie: Afrikaans voordrag en drama
• 31 Julie-5 Augustus: English speech and drama
• 7-11 Augustus: Dans
• 14-19 Augustus: Musiek, instrumentaal
• 28-31 Augustus: Musiek, vokaal
• 1 September: Kore.
Kunswerke word op 7 en 8 Augustus ingehandig en weer op 15 September afgehaal.
Skryf in by www.nelspruiteisteddfod.co.za.
