Local news

Wyn en soveel meer by Innibos se Wingerd-kuiertuin

As 'n wyntjie in 'n kuiertuin en boekgesprekke iets is wat tot jou siel spreek, is Innibos se Wingerd-kuiertuin die plek vir jou wanneer die fees aangebreek het.

Dit is nie aldag dat ‘n mens van die Kaapse wynlande se bobaaswyne in die Laeveld te proe kry nie, maar in die splinternuwe Wingerd-kuiertuin by Innibos is dit jou kans om presies dit te doen.

Van die wyne wat by die onderskeie stalletjies sal wees, is onder meer dié van Bonnievale se River Collection, die Goose Wine Estate in die Bo-Langkloof van die Outeniekwaberge en uit Tulbagh se wêreld, die Flippenice-reeks, wat ‘n gawe rooi jerepiko teen die winterkoue insluit. Al die wyn wat by die stalletjies uitgestal word en geproe kan word, kan ook by die onderskeie kelders vir latere aflewering bestel word.

Om van dié uitsoekwyne te proe, sal feesgangers by die Wingerd-kuiertuin ‘n boekie met 10 kaartjies teen R50 kan koop.

LEES OOK: A classical feast for the ears at Innibos

Buiten die wynstalletjies sal daar ook stalletjies wees met deli-kosse wat nommerpas saam met die wyn sal gaan.

Vir ‘n atmosfeer waar ‘n mens kan asemskep van die woeligheid elders, bied die program op die Mopani-verhoog in die kuiertuin ‘n gawe alternatief. Daar is heeldag musiek op ‘n rustiger trant en feesgangers sal kan ontspan by die talle tafels vir lekker kuiertyd.

Boekgesprekke met onder andere Jacques Pauw, Marinda Engelbrecht en Dana Snyman sal ook regstreeks op 100.5FM se uitsaaistasie in die kunspark uitgesaai word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button