Local newsNews

Dis weer tyd vir die Wildevy 4×4 Gesinsdag buite Burgersfort

Waaghalse en modderliefhebbers is gereed om hul staal te gaan wys in die modderhindernisse by die Wildevy 4x4 Gesinsdag.

Die groep manne wat jaarliks die Wildevy 4×4 Gesinsdag reël, is met reg opgewonde dat Saterdag 29 Julie om die draai is.

Die Wildevy se gewildheid groei jaarliks en vind weer vanjaar by die PLM Boerderye in die Watervalsrivier plaas. Dit is sowat 10 km buite Burgersfort geleë.

Die fees bied vermaak vir oud en jonk, en spog ook met ’n verskeidenheid stalletjies en baie pret.
Die groot trekpleister en die sanger vir die dag is Ricus Nel, een van die land se gewildste sangers. Sy vertoning begin om 19:30.

Ricus Nel. Foto verskaf.

Verlede jaar het sowat 4 500 mense deur die hekke gestap en 80 4×4-spanne het die modder- en hindernisbane getrotseer.

Die laaste 4×4 item van die dag, die showstopper, is die groot moddergat, waar net die brawes onder die brawes gekeur word om deel te neem.

Wildevy 4×4 is ‘n skouspel van ryvernuf. Foto: Michelle Boshoff

’n Paar waaghalse maak altyd seker dat die toeskouers hul asems ophou, aangesien dit soms onmoontlik lyk om deur die moddergat te ry.

Vanjaar het daar reeds 70 4×4-spanne ingeskryf en daar is nog plek vir 10 spanne.

Die Wildevy se hekke open reeds om 07:00. Die kostes beloop R70 per volwassene en R40 vir kinders onder 12. Dit sluit die vertoning van Ricus Nel in.
Skakel Willem by 083 302 5769 of Steven: 082 405 4545 vir meer inligting.

Plek-plek in die moddergat dryf die bakkies amper. Foto: Michelle Boshoff
Foto: Michelle Boshoff

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button