News

Care for Wild-werkers kry nuwe skoene van Innibos

Die Innibos-span en lede van die media het die voorreg gehad om meer oor die renosters te leer en hulle te voer.

Die Innibos-span het op 30 Oktober ‘n spesiale besoek aan Care for Wild afgelê om van hul fees-vellies en T-hemde aan die werkers en vrywilligers te skenk.

LEES OOK: Innibos wen nog ‘n toekenning in die Paarl

Petronel Nieuwoud, die hoof- uitvoerende beampte van dié organisasie sonder winsbejag was deur die skenking oorweldig en het die span vir hulle vrygewigheid bedank.

Sipho Khoza, Witness Shongwe, Dwayne Morgenrood en Rachel Pheiffer trek hulle nuwe skoene aan. > Foto's: Gia Radnai
Sipho Khoza, Witness Shongwe, Dwayne Morgenrood en Rachel Pheiffer trek hulle nuwe skoene aan.

“Veral die skoene gaan ‘n groot verskil maak en dit is een minder ding waaroor ons bekommerd hoef te wees.”

Die uitdrukking op die werkers se gesigte het boekdele gespreek. Bernadette Kruger het laggend gesê hoe haar ou skoene al begin skeur het en was dankbaar vir die nuwes. Die werkers en vrywilligers bring lang ure op hulle voete deur om die renosters te voer, op te pas en staptoere met hulle deur die bos te doen.

Naranda Leeuwner voer 'n kalfie.
Naranda Leeuwner voer ‘n kalfie.

LEES OOK: Toyota Innibos 2025: ‘n Fees wat die Laeveld laat leef

Naranda Leeuwner, die Innibos-feesbemarker, het tydens die oorhandiging die organisasie vir die merkwaardige werk wat hulle doen bedank en het gesê dat die Care for Wild-span se liefde vir die natuur en diere hulle diep raak. Lede van die media en Innibos het die voorreg gehad om meer oor die renosters te leer en hulle ook te voer.
Die organisasie is wêreldwyd die grootste rehabilitasiekamp en spesialiseer in die redding, rehabilitasie en vrylating van renosters wat deur stropery aangetas word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button