Local news

Innibos wen nog ‘n toekenning in die Paarl

Sandra Jacobs woon toekenningsaand by tydens haar motorfiets toer.

“Waar die hart van vol is, loop die mond van oor,” sê Sandra Jacobs, Innibos se feesbemarker, wat by vanjaar se ontbytSAKE se Onderneming van die Jaar-glansgeleentheid die prys vir die beste onderhoud in die ateljee gewen het. Die toekenningsaand is op Donderdag, 23 Oktober by die Nederburg-wynlandgoed in die Paarl gehou.

LEES OOK: Toyota Innibos 2025: ‘n Fees wat die Laeveld laat leef

Jacobs en haar man was op ‘n motorfietstoer en hulle het daar ‘n draai gaan maak om deel van die spoggerige geleentheid te wees.

Sandra Jacobs en Lee-Ann Gerber.
Sandra Jacobs en Lee-Ann Gerber.

“Ons toer was toevallig dieselfde tyd as die prysuitdeling, en ons móés ‘n plan maak om daar uit te kom,” het Jacobs vertel. Sy het gesê dat sy in 2024 ‘n Innibos-feesonderhoud gevoer het en dit was die rede waarom sy die gesogte toekenning verower het.

“As mens oor iets gesels waaroor jy passievol is, is dit maklik om te praat. Ek dra graag hierdie toekenning op aan die Innibos-feesspan waarsonder dit nie moontlik sou wees nie,” het Jacobs gesê.

Laeveld Agrochem het ook ‘n prys in die GrootSAKE-kategorie vir top-adverteerder verower. Hulle het op hul Facebook-blad die opwindende nuus gedeel:

“Dit is ‘n voorreg om in samewerking met ontbytSAKE ons land, ons mense en ons besighede te ondersteun.”

Die immergewilde Ouma Rooi Koeksisters (Gerda Swanepoel) het twee toekennings ontvang, een brons vir die algehele wennerkategorie en een vir die beste video-insetsel deur ‘n vroue-onderneming.

Gerda Swanepoel spog met haar toekenning. > Foto's: Facebook
Gerda Swanepoel spog met haar toekenning.

LEES OOK: Toe die stof gaan lê, was net Innibos-lekkerness oor

“Dankie vir al die ondersteuners en werkers wat tot die sukses van ons onderneming bygedra het. Ons hoop om nog lank ons produkte op die rakke te hê,” het Swanepoel in ‘n video op Facebook gesê.

Die prysuitdeling het erkenning aan klein- en medium sakeondernemings gegee wat die afgelope jaar saam met die program ‘n pad gestap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button