Advertorial

GEBORG | Beserings aan diens: Solidariteit staan jou by!

Hier is alles wat jy oor beserings aan diens moet weet.

’n Besering aan diens kan ernstige gevolge vir jou gesondheid, jou werkvermoë en jou finansiële sekuriteit inhou.

Gelukkig bestaan daar beskerming vir werkers wat hulself in só ’n situasie bevind.

Die Wet op die Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, bekend as Coida, is spesiaal ingestel om werknemers by te staan wanneer hulle weens hul werk beseer of siek word.

Hierdie wet maak voorsiening vir vergoeding indien jy:

• mediese behandeling benodig ná ’n werkverwante besering of siekte;
• tydelik of permanent nie kan werk nie;
• rehabilitasie nodig het om weer terug te keer werk toe; of
• in die geval van afsterwe, deur ondersteuning aan jou afhanklikes te bied.

Wie kan eis?

Enige persoon wat formeel in diens is – hetsy permanent of tydelik – het die reg om ’n eis in te dien.

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag word deur ’n ander stelsel gedek, maar alle ander werknemers kwalifiseer hiervoor, ongeag hul vakbondlidmaatskapstatus.

Wat moet jy doen as jy beseer word?

1. Rapporteer dit onmiddellik aan jou werkgewer, al lyk dit soos ’n geringe besering.

2. Kry so gou as moontlik mediese hulp. Jou werkgewer is verantwoordelik om die koste van die aanvanklike behandeling te dra.

3. Verskaf ’n volledige mediese verslag, wat saam met die eisvorms ingedien moet word.

4. Jou werkgewer moet ’n WCL 2-vorm voltooi en dit by die vergoedingskommissaris indien.

5. Bewaar alle dokumente en mediese rekeninge. Dit sal nodig wees as deel van die eisproses.

Waarom is die nodige ondersteuning belangrik?

Alhoewel enige werknemer self ’n eis kan indien, kan die proses kompleks wees.

Solidariteit help jaarliks honderde lede met die indiening van eise en opvolgwerk.

In 2024 alleen is meer as R153 miljoen aan vergoedingsbedrae namens lede verhaal.

Solidariteit bied nie net regsadvies nie, maar sorg ook dat elke eis deeglik hanteer en opgevolg word.

Solidariteit neem aktief aan beroepsgesondheid- en veiligheidsrade deel en help om werkplekke deur opleiding, riglyne en risikobestuur veiliger te maak.

Beskerm jouself in die werkplek.

Indien jy weens jou werk beseer is of ’n siekte opgedoen het, hoef jy nie die stryd alleen aan te durf nie – jy het regte en daar is hulp beskikbaar.

Voorsorg voorkom nasorg!

Moenie wag totdat jy in nood is om ondersteuning te kry nie, maak seker jy het nou al die nodige bystand. By Solidariteit is dit ons plig om seker te maak jy word regverdig behandel.

Jy hoef nie stil te sit en wag nie, ons help jou om jou regte te beskerm staan jou met eise by.

Kontak ons Nelspruit-kantoor vandag nog!

• Danny Schutte Solidariteit Netwerkorganiseerder by 084 400 7555 danny@solidariteit.co.za.
• Tiaan Schoeman Solidariteit Netwerkorganiseerder by 082 497 1749 tiaan@solidariteit.co.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button