BusinessSponsored

Dissiplinêre verhore in die werkplek: Wat jy moet weet

Weet jy wat om tydens ’n dissiplinêre verhoor te verwag en hoe Solidariteit jou kan beskerm en bystaan?

Hier is ’n praktiese gids tot dissiplinêre verhore in die werkplek.

Wat kan jy verwag?

 Volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge moet dissiplinêre optrede prosedureel én substantief billik wees. Die dissiplinêre proses moet aan die volgende minimumvereistes voldoen:

• Kennis van die klag: Jy moet minstens 48 uur voor die verhoor skriftelik in kennis gestel word van die klag(te) teen jou en die datum waarop die verhoor sal plaasvind.

• Reg op voorbereiding: Jy moet genoeg tyd gegun word om jou saak voor te berei.

• Verteenwoordiging: Jy het die reg om deur ’n kollega of vakbondverteenwoordiger verteenwoordig te word.

 • ’n Onafhanklike voorsitter: Die persoon wat die verhoor lei, moet objektief en onpartydig wees.

• Reg op ’n billike verhoor: Jy het die geleentheid om jou kant van die saak te stel, vrae te vra, bewyse voor te lê en getuies te roep.

• Skriftelike uitkoms: Die beslissing en redes daarvoor moet skriftelik aan jou gekommunikeer word.

Wat is jou regte as werknemer?

• Reg op ’n billike prosedure: Jou werkgewer mag jou nie arbitrêr dissiplinêr straf sonder ’n billike proses nie.

• Reg op substantiewe regverdigheid: Dissiplinêre optrede moet op voldoende gronde berus, en die werkgewer moet die beweerde oortreding kan staaf.

• Reg om ’n beslissing te appelleer of betwis: Indien jy meen die beslissing of sanksie is onbillik, kan jy dit deur die toepaslike interne prosedure betwis of die saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) of ’n toepaslike bedingingsraad verwys, waar van toepassing.

Hoe Solidariteit jou bystaan

Solidariteit-lede geniet verskeie voordele in die werkplek, waaronder regsadvies, hulp met voorbereiding vir dissiplinêre verhore, verteenwoordiging en ondersteuning met appèlle en arbitrasie, indien die saak so ver sou gaan.

Sluit aan by ’n vakbond wat jou belange op die hart dra.

Word vandag nog ’n lid van Solidariteit en weet dat jy ondersteuning kan kry indien jy ooit ’n dissiplinêre verhoor in die gesig staar.

Kontak Solidariteit se Nelspruit-kantoor vir meer inligting.

Johan van Eck – Solidariteitnetwerkorganiseerder:

Marlothstraat 29, Nelspruit, 1200

013 235 3698 | nelspruit@solidariteit.co.za / johanve@solidariteit.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.
Back to top button