Hard newsNews

Misdaad in Nelspruit en omgewing

Terwyl diefstal van persoonlike besittings nie 'n rare verkynsel is nie, is daar wel 'n toename in 'n ongewone tendens die afgelope twee maande, die diefstal van JoJo watertenks.

“Behalwe vir die ontvoering wat Vrydag plaasgevind het, was die afgelope naweek maar stil wat misdaad betref”, sê Nico Grobler van Hi-Tech sekuriteit. Daar was twee inbrake in Graniet- en Polvystraat en twee pogings tot inbraak op plotte op Renosterkop en Rietspruit.

In hierdie tydperk is daar reeds vier watertenks gesteel. Die laaste tenk wat in Karino gesteel is, is terug gekry, maar is van so aard dat dit nie meer gebruik kan word nie.

Die watertenks, wat vermoedelik gesteel word vir eie gewin, kan gekoppel word aan die tekort aan drinkwater in sekere gebiede. Dit is nie net die inwoners van plase wat op die uitkyk moet wees nie, maar ook residentiële gebiede wat geteiken word.

Ander misdade sluit 'n vragmotor in wat gister deur 'n besope werknemer gesteel is, wat binne 'n uur teruggekry is, en 'n sekuriteitswag van J&M wat van sy vuurwapen beroof is – die saak word tans ondersoek.

Hi-Tech Sekuriteit wil dus alle inwoners van Nelspruit en omliggende dele versoek om hulle besittings mooi op te pas, al is dit 'n item wat mens dink moeilik gesteel kan word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button