Hard newsNews

Nashua eer Madiba

Die bord met ‘n foto van Madiba en die woorde R.I.P. Madiba 1918-2013 is versier met 150 blomme.

NELSPRUIT – Om eer te bewys aan ontslape oud-president Nelson Mandela, was Nashua gister een van die eerste besighede in die dorp om ‘n herdenkings-bord op te rig.

Die bord wat aangebring is buite die gebou op die hoek van Piet Retief- en Dirkie Uysstraat het ‘n foto op van Madiba met die woorde R.I.P. Madiba 1918-2013. Dit is versier met ongeveer 150 blomme.

Volgens  me. Deirdre Botha van Nashua was hul doel met die oprigting daarvan om eer en respek aan Mandela te betoon. Sy het vertel dat verbygaande motoriste toeter geblaas het terwyl hulle besig was om die bord op te sit.

Voetgangers het ook gevra of hulle kon help om die bord met blomme te versier en sodoende ook hul respek te betoon.

Botha het verduidelik dat dit nie bedoel is as ‘n gedenkmuur vir mense om blomme of kaartjies neer te kom sit nie, maar dat enigiemand wat wil meer as welkom is om dit te doen.

“As mense voel hulle wil, is hulle meer as welkom,” het sy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button