Hard newsNews

Inwoner deel kommer oor waterlekkasie

Sembcorp Silulumanzi ondersoek die situasie.

“Ons kan nie toelaat dat goed net vergaan nie.” So sê ‘n besorgde inwoner van ‘n waterlek op ‘n openbare pad wat by die dag groter word. Mnr. Pieter van Niekerk, het vertel hy het die lek sowat ‘n maand gelede vir die eerste keer opgemerk tydens een van sy gereelde stappies in die area.

Die lek is in Stonehenge. Hoeveel water al so verlore gegaan het, en nog kan gaan as die situasie nie aangespreek word nie, is ‘n ope vraag. Dit ontspring reg voor Acacia View in Van Rooyenstraat. Van Niekerk vermoed die gebiedsverwarring het moontlik ontstaan omdat die lek regs van die draai in die teerpad is, dus langs die grondpad wat wes loop na die Hermansburgpad. Reguit aan is ook ‘n grondpad wat langs ‘n nuwe ontwikkelling verbyloop voor dit Belladonnastraat word.

Van Niekerk stap al amper vir ‘n jaar lank op dié pad, maar het nooit tevore ‘n lek opgemerk nie, so hy twyfel of dit ‘n natuurlike stroompie kan wees. Hy het al vir Mbombela munisipaliteit en Sembcorp Silulumanzi daarvan verwittig, maar beide voer glo aan dat dit buite hul areas val. Intussen word die water wat wegsypel net meer en na vier weke is dit al ‘n stroompie. Die water loop nou in die grondpad af tot dit in die bosse verdwyn. Uit pure bekommernis het Van Niekerk toe die koerant genader.

“Ek wil met niemand baklei nie,” sê hy. “Ek dink ons moet hande neem en iets aan die saak doen. Dis nou nie ‘n groot ding nie, maar jy kan mos waarneem wat om ons gebeur.”

Mnr. Richmond Jele, woordvoerder vir Sembcorp, het by navraag gesê hulle waardeer die besorgdheid en het onderneem om die situasie so gou moontlik te ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button