
Dit lyk of die toestande in Ehmkestraat gaan verbeter. Die omstandighede in die parkie oorkant The Village-winkelsentrum het al heelwat verbeter, maar daar word steeds twee onwettige snoepwinkels bedryf.
Volgens mnr. Werner le Grange, DA-raadslid in die area, het die munisipaliteit groot planne met die parkie, maar hy kan nie nou daaroor uitbrei nie.
“Hulle wil nou vir handelaars ‘n plek bied waar hulle hierdie snoepwinkels wettig kan bedryf,” sê Le Grange. Die munisipaliteit is ook in die proses om iemand aan te stel wat voltyds met onwettige handelaars in die stad sal werk. Le Grange voeg by dat Mbombela erken het dat dit nie die vermoë het om die plakkers te verwyder nie. Hy het die gemeenskap verseker dat die situasie in die parkie nie sal vereger nie.
Lees vorige berig hier
