Hard newsNews

Dwelms gevind in muur van pakkamer

'n Verdagte het glo aangedring om dié pakkamer binne te gaan en 'n bohaai opgeskop toe hy nie daartoe toegang kon verkry nie.

Versteekte dwelms ter waarde van ongeveer R40 000 is Maandagaand in die muur van ‘n pakkamer by Nelcity gevind.
Volgens mnr. Nico Grobler van Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit het ‘n werknemer van PDL Property Management, wat ook die winkelsentrum bestuur, hulle beheerkamer geskakel en om hulp gevra.

‘n Verdagte het glo aangedring om dié pakkamer binne te gaan en ‘n bohaai opgeskop toe hy nie daartoe toegang kon verkry nie.
Volgens mnr. Jan de Vos, van PDL, word die stoor nie gebruik nie, maar die sleutel het onlangs vermis geraak.
Hi-Tech beamptes kon die hek oopkry en het ‘n plank teen die muur gesien. Agter die plank was ‘n gat in die muur waarin die dwelms gevind is.

‘n Sakkie wit poeier en drie houers vol pienk pille is gevind. Daar is nog nie vasgestel presies watter tipe dwelms dit is nie, maar Grobler skat dat die straatwaarde daarvan tussen R30 000 en R40 000 is.

Een van die wagte het die verdagte opgemerk en hy is op die toneel deur die SAPD gearresteer. Hy is na sy huis in Nellsville geneem waar hulle saam met die honde-eenheid die perseel deursoek het. Daar is geen dwelms gevind nie en die verdagte is vrygelaat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button